Tuesday 9 September 2008

Lief vir Jou



Ek voel jou hartklop in myne
soos ver weg seine
wat bote se roetes aanwys in die nag
op die rustige waters van die seë – sag!

‘n Dubbelklop met elke slag
al is ek ver weg van jou, hiér, in die nag

Onder dieselfde halfmaan lê ek en kyk
na hoe mooi ons sterre hemel lyk!

Onder dieselfde sagte leer kombers
lê ons siele naak in hierdie vers

Net jou daar-wees gee my krag
met ‘n glimlag stap ek nou deur elke dag

soos heuning druppels dou
wil ek jou vir ewig in my arms toevou

Ek is lief vir jou
.

No comments: