Wednesday 22 August 2007

Gesprek met die Wind - laat 2007

Gesprek met die Wind
Hoekom huil jy dan so vandag wind my kind?
Wat lê so swaar en seer op jou hart dat jy so diep ween?
Waar kom al die trane dan so skielik vandaan?

Diep binne my
My verwaarloosde hart
Verskeur en vervrommel
met verouderde lyne
van al die jare se pyne
Verlore en verdwyn
Weggegee aan niemand
spesifiek - sommer netaan niemand.
Verwerp verskerp verdrempel
verdroog soos 'n pruim of 'n perske
verdood verrimpel
Ag eks sommer simpel!

Maar my skat
Kom laat ek jou hand vat
na al die hoeke van die aardbol
Kom kyk die skade wat jy oral berokken?

Dis depressief
Maar ek het probeer
om weg van almal af
In die diepe eensame seë's

Jy treur my kind
Diepe huilende treurende

Ek probeer weggaan
Maar ek is vas in hierdie
atmosfeer met geen uitkeerpunt

Miskien die Maan of dalk die
Son of sommer net die diep
donkertes in