Thursday 18 September 2008

Nuwe Begin

Op hierdie bladsy het ek nou alles uitgevee
dis nou leeg...
gereed
vir 'n nuwe begin

not a trace of what was on the page before
only the knowledge that it has been recycled
and its cheaper and more environmentally friendly that way



Pragtige Vrou, ek is so dammit lief vir jou!
Ek wens ek kon jou ewiglik in my arms vashou!





Ek het nou net 'n Engelse Ontbyt met beans en al geeet by die Caf... dis payday en ek voel ryk, dis trek dag en ek voel gereed, dis so 'n mistige sonnige half warm half koud oggend... een van daai wat in Suid-Afrika vir my laat voel om tussen die beboomde strate vir laaaaank te gaan stap... sommer net so in stilte en bewondering met my oor luisterend na die voëltjies se gesprekke hoog in die boomtoppe... en hulle geskarrel om die kinders by die skool te kry en die oupa voëltjies wat op die stoep sit en pyp rook met 'n koppie sawwe lyf... koel koeltes onder die groen loof (dis die regte woord nê?)... met spikkel skadus op die teerpad afgewissel met sonkolle hier en daar... 'n kind op 'n fiets al singend sonder dat sy besef... 'n brakkie wat rondsnuffel aan verwyderde vullis spots... 'n kat wat laag sak in die gras ongehinderd gefokus op die duifie wat niks verwag nie... iemand se radio sonder grense blêr iewers in 'n huis met Laurika se Blouberg se strand... my gedagtes dryf tot by die Kaap en ek sien die wit verkalkte huisies en Ou Tafelberg en die manne met stok en hoed wat vroegoggend die visse terg... ek voel my bene draf op die strand en die sonstrale wat my rug en nek en skouers met 'n warmgloed laat brand...en onder en tussen my tone die sand... en dis vroeg in die dag op Blouberg se strand...

No comments: