Tuesday 4 November 2008

Op Die Bus

Op die bus is dit stil
Doodstil – vol maar doodstil
Ma is moeg en geirriteerd
Pa is onlus
Kinders se oë is dik geswel
Van te min of te veel of
sommer net van slaap
Hulle gesigte verlep agter
slierte hare
wat nie saam met die
res vasgemaak kon word
met die rush vir regmaak
vir skool na ‘n week se
vakansie nie
Buite is dit klam tam
grys – nie eers donker of
lig nie en tussenin kan dit
nie beskryf
Vandag vat dit sò baie om
net te glimlag
Dit is nie eers die moeite werd
om te probeer nie


Die man met sy pers overcoat
baadjie
met hare wat woes staan
voorgee dis so bedoel
‘n Pa vir twee mòòi dogters
Maar sy pers jas laat my dink
hy is ‘n nar
Hoe kan narre kinders hê?


Die groot lang ma- miskien
is sý 6 voet?
Swart en wit gespikkelde jas
Saam met almal staar sy die
verte in terwyl haar hand haar
hare oor en oor en oor streel
Harde naels - van harde werk
stoei en bemoei met ma-wees goed

Hoe weet mens ooit of jy
sterk genoeg is om dit te kan doen
en veral as jy al so lank wens
vir die einde.


Modderlyne op wat groen gras
was
Wit voëls scattered om
skoon te maak
Geel trokke
Tent verdwyn in die mistigheid
Die Sirkus is oppad


Nou die ou tannies se beurt
hulle dag uit
hoe opwindend
Opgedollie en opgetoffie
Met hair coverings vir grys koppe
Brille, mussies, hoedjie, sykousies (kortetjies) en sakdoekies
plat skoene, warm baadjies
Rimpels onder die make-up
wat ouderdom nie meer verberg nie
Met sakkies gereed vir al die
inkopies

Nog ‘n paar – hulle groet mekaar
Nou is ons op die ouetehuis bus

Vrot van die verkoue

Kop dik
dull pyn
neus opgevul, vol
mond oop vir asemhaal

Monday 3 November 2008

Lyfkom


Ek sit hier op die bus
Kyk uit oor die groen vlakte
Van Blackheath

Maar my lyf en my hart is by jou
Laasnag
Vanoggend
Vroeg
Laat

My hart kry stuiptrekkings
‘n mini hartaanval
Die lekker tipe
Soos my lyf oor en oor en oor
Kom

koue rillings wat my omvou
En warm maak
Soos klei gepers
Deur jou vinger gleuwe

Dubbelkloppe
Stuur my hartsbloed
Deur my binnensare
Op reise van liefde, vreugde en genot