Friday 19 December 2008

Totsiens Johannesburg

Daar waar jy nou koebaai sê
vir die lekker huis wat langs die water en bome lê
Vir jou stad se kombers
en jou mense en hulle se vers

Gee ek jou wense van goeie geluk
en sommer hompe nie net stuk vir stuk
Ek strooi rykdom en vreugde en genot confetti oor jou uit
En teer die pad voor jou met 'n lied en 'n fluit

By jou nuwe huis plant ek 'n boom
Wat groei met die tyd - volstoom
Ek nooi die voëltjies om daar te kom nes
en die kriekies doen ook elke aand hul bes

Ek stuur vir jou met 'n Rooiborsduif my pos
En los 'n boodskappe in die klippe se mos
In jou hand sit ek 'n pen en papier
Dis jou wapens, my meisie van water en vuur

So met gereedheid kan jy nou jou huisdeur sluit
vir die laaste maal by hierdie hek uit
in die Goudstad se gange jou spore laat agterbly
om 'n nuwe blinkvosperd te gaan ry