Sunday 28 October 2001

She was a mom to many
influencing people all round
Touching hearts
with love she was
changing lives
through who she is

Sy't afgevee
ingedrink
in ons lewens in
Sy't in ons harte ingekyk
deur ons skrif
'n deur oopgesluit na 'n
ongebruikte kamer
Ons het skatte ontdek
Wat 'n reis!!

Sunday 1 July 2001

As



As mens ophou lag
as daar nie meer iets is
om jou mondhoeke te
laat trek nie
as dit ‘n effort raak
om net te smile
as jou brein sukkel om
die konsep daarvan om
te sit in ‘n kode giggel
as jou hart nie meer
weet hoe dit voel om
vol uit te lag nie
as jou maag nie meer
kan styf trek as jy diep
daaruit gil van geluk nie
waarheen is jy oppad?

Friday 1 June 2001

Almost perfect line


An almost perfect line
and I feel sad
bad
The next one starts with
the piano
los voetspore op my hartkamers
soos in seesand
tot die soutwater dit wegspoel
na ‘n ewigheid
onverstanbaar
onvoorspelbaar
Saggies tokkel dit rustig voort
en lei my na ‘n poort
van amper trane
en
stop.

tears in the mud



cancer of the heart
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
ripped out your heart
tears in the mud
cancer of your heart
you fall apart

Tuesday 1 May 2001

Die Weer




Die weer
bepalend van emosie
donker wolke
oorweldigend

Sonneskyn, laat al
die seer verdwyn

Blou is die lug
ons lewensvrug

Dit is so diep
ek wil sommer omtiep
met griep
want dit is winter
en my penpunt is versplinter
dit maak deurmekaar krappe
onverstaanbaar.

Education , Opvoeding



Education , Opvoeding
leer meer en meer
lewe
lewensvaardighede
sienings, waardes
maniere en giere
van mense en diere
die effek van biere

Die juffrou die baas
op die ou plaas
en die kinders is Klaas
maar deesdae helaas
ons almal staan verbaas.

Wednesday 4 April 2001

Leeg Papier

Ek wil nie dink of
woorde soek
vir jou nie
Papier
Ek wil jou net vol
maak met ink
uit my hart se
Pen
Ek wil nie leestekens
of hoofletters gebruik nie
Punte kommas vraagtekens en uitroepe
Ek wil net ‘n gat los

wanneer ek nie meer asem het
nie en my hart ween
Druppels en snot
Ek wil nie meer probeer nie
Ek wil nét
sonder die probeer
Ek wens ek kon
Maar my hart se ink is
op, dis leeg
en so is my box tissues
van geen nut vir niks
trane of lopende neuse nie
Dus
moet die papier maar net
leeg
bly.
Punt.

Sunday 21 January 2001

Het jy geweet?

God is 'n skrywer
Hy is mal oor verhale en stories
Hy het lank gelede duisende stories geskryf - duisende?
Nee! Miljoene, biljoene, triljoene - ontelbaar baie!
en toe't Hy besluit om hulle
almal waar te maak
regtig te laat gebeur
Hy het vir elke storie 'n mens gemaak
en elke mens is die kans gegee om 'n aktiewe
skepper, maker, karakter, besluit-
nemer in sy of haar storie te wees, maar elkeen
het steeds die essence
van die storie vir hom-
of haarself wat hul moet
uitleef.

God is 'n kunstenaar met
woorde wat Hy lewend
maak tot Sy eer. en ons voorreg
Hoe wonderlik sal dit kan
wees om 'n storie te kan
skryf en dit werklik te laat
gebeur soos jy dit wil -
met 'n ongelukkige of gelukkige
einde. Dit als hang van
jou af - Jy is die outeur
God is jou lewensstorie se
outeur!