Monday 10 September 2007

Treintjie Toilet



Eendag lank lank gelede was daar ‘n meisie toilet. Sy staan al vir jare en jare buitekant op haar mense se erf! Sy is daar sodat hulle van hul nood by haar ontslae kan raak.
So deur die jare het die kinders wat daar woon fotos op haar deur geplak. En party van daai fotos het vir haar net soos haar kinderhuis gelyk. Party dae het sy vir ure aaneen gewonder hoe dit met haar toilet familie gaan en of hulle nog almal gelukkig is in hulle huis.

So paar keer ‘n jaar het haar beste vriendin, Sina Spinnekop kom kuier en vir haar nuus vertel, van hoe dit gaan by haar ouerhuis. Sina en Treintjie is al vriende van kleintyd af – toe Treintjie nog ‘n potjie was. Hulle lag altyd saam oor die dae to die kinders vir Treintjie mis gesit het, of afgeval het of haar sommer net HEELTEMAL gemis het toe hulle besig was om toilet maniere te leer.
Treintjie onthou hoe sy as ‘n jong potjie altyd daarvan gehou het as die kinders se ma haar buitekant in die son gesit het – sodat die kinders hulle nood daar kan laat gaan. Treintjie se ma het altyd gesê sy hou nie daarvan dat Treintjie so buitekant is nie.
Treintjie toilet onthou hoe haar familie nog altyd gese het dat hulle so bly is dat hulle binnekant toilette is en nie in die vuil grond en warm son en nat reen buitekant staan soos PARTY ANDER toilet families nie. Hulle voel hulleself n hoër standaard as n buite toilet!

Treintjie het as jong kindjie n paar keer probeer sê dat toilette se werk nog net so belangrik is maak nie saak of hulle buite of binne is nie. Maar sy onthou goed hoe haar ma haar n skewe kyk gegee het en eenkeer sommer n pak slae net omdat sy sou waag om so aan buitekant toilette te dink.

Soos die jare aangegaan het en nuwe kinders die familie laat groei het het Treintjie buitekant meer as binnekant begin geniet. Sy het meer en meer tyd buitekant spandeer en dit het gevoel asof haar familie eintlik bly was dat sy maar eerder buitekant bly want dan hoef niemand anders haar binnekant te sien nie. En dan hoef hulle ook nie te verduidelik hoekom sy so baie buitekant merke op haar het nie.