Tuesday 10 October 2000

‘n Tribute aan Ouma B (oorlede in 2000)



Ouma B is vandag dood

wel, eintlik verlede week al
aan 'n hartaanval
net soos sy wou
met 'n 'bang' is sy die lewe uit
die hemel in

Michanne het my aan my arm
die klas uitgeruk
en 'probeer-koud' die nuus oorgedra
my hand uit die greep om haar lyf
gehaal
en 'n ou sentehouertjie
uit ouma se antieke kas
daarin geprop
"Sy was baie lief vir jou
- sy wou hê jy moes dit hê!"

Ons het gehuil
Ek het twee ure in die klas
gesit
en nie 'n woord gehoor van
FAMSA en wat nog nie

Ek het middagetes met wyn
en lekker slaai in Pinelands
by ouma B herleef
Sondae middae na kerk en ete
geselsies
ouma se sigarette wat ewig
aanhou as en nooit tip nie
haar nightcaps - witblits
en haar kombuis, gang,
sitkamer, boeke
sertifikate, kleinkinders - geraam
teen al haar mure
almal om haar

Ek het haar stories gehoor
haar lekker lag

Ek het gehuil
Huil nogsteeds

Maar dis seker waar
Sy is nou waar sy hoort.

Baie liefdes aan
jou - ouma B

Piet (met die nipple pink mini 8-) )

Tuesday 26 September 2000

Diep binne
We're all connected
with love
and feeling
each others feelings
we can walk for hours
not needing to talk
about ours
Or yours
we understand -
in the heart
we are few times apart -
that is a friend

Friday 1 September 2000

Dom Dosent



Hier sit ons op die houtbanke
sal eerder wil saag aan planke

Wie luister ? Wie hoor ?
Verveeld, BORING

Hartseer die feit dat elke student
sy gesig moet skend
daar voor in die klas
om mense se tyd te veras
want die dosent is lui en dom
en verkies om te bly stom
ek snuif sommer gom


rym
skuim
duim

Huisdans 2000



Ja Ma – geskok is jy
verseker
jou gesig sommer bleker
want jou dogter drink nou ook
uit die bruinman se beker

Wednesday 30 August 2000

Jy weet as trane na
jou neus toe stroom
en dan by jou oë uitloop?
Dis dan wat jy weet
dit kom van jou hart
se versteekste skrefie
daar waar jyself net
eenmaal in 'n millenium
'n kans kry om in te loer
vir 'n korte oomblik
- amper soos daai
leë oomblik
gekke oomblik - wat
dan gou verby is
waarvoor daar is vind
jy nie gou uit nie
Dink ek... eers later
oor ten minste
een gebreekte spieël
se tyd
en dis al
vir dié oomblik

Saturday 26 August 2000

Die wind saai woesterny
die deure ruk en pluk en skud
Blaaie flapper en skrik
val oor takke
lee
Stappe op trappe
rokies wat swaai
met kinetiese energie gelaai

Ek voel passief
moeg
bloedbelope oë
was dit maar van drank
of drugs
maar nee
van seersee
se golwe wat bars
gooi tol rol
verstik aan soutwater
sien jou nie later

Tuesday 1 August 2000

Deurgedruk


Deurgedruk
onsigbaar
net die deurskynende
strepe is daar
om raakgesien te word
as jy werklik
regtig wil sien
anders die inkleur
sal die geskribbel
probeer versteur
verkleur
sodat jy daarna kan staar
en probeer uitmaak
wat de fok sy van praat
maar toe NIE
want jou lewe is anders
as hare
en dus jou ervarings van dinge
ook

Koshuis Aandete eers 17:30

Sllleeeeep Sllleeep
deur die gange
met baksteenvloere
en gesange
van kuier in die sitkamer
se oopte
Engelses Afrikaanses amper Spaanses
Ja almal is hier
om socialtyd te vier

Die mikrogolfoonde maak
reuksintuie wakker
Still hongers van leë studente
uit kamers met mure sonder prente
Dis al amper weer lente
en die einde is in sig
dit skyn soos ‘n veraf lig

Nog ‘n versie is verby
tussen jou en my
ek hou aan met rym
sommer so uit my duim
net om die tyd vol te maak
ten einde my honger te staak
en voordat jy gatvol raak
‘n sug van verligting geslaak

kolskoot
boem
doem
ha

Wednesday 26 July 2000

As die bloedtrane van my
hartpunt drup
sien ek hoe jy wegseil
op jou vreugdeskip
Ek smag na omgee
maar jy wil my met jou
bmw van die aarde afvee

In die donker kouer
suig ek dit in my longvoue
bene lam
gevoel tam
Dis nie meer koud nie

Ek het verbrand
wie ek was
is veras
my lyf word gelas
Ek is maer
gaar
nogal raar

Dit was terpentyn
wat sorg vir my pyn
Thinners en vuur
het my moed deurgeskuur
en terwyl ek na jou tuur
wil ek aan my dooie ma
'n brief stuur

Ek het verbrand
Ma
Liefde van geskend veras gaar

Monday 26 June 2000

Sal dit jou pla as
iemand my met 'n baksteen
teen die kop moer
of verkrag
twee nagte in 'n ry
en neersmyt op die vloer

sal jy omgee as my bene
verlam
langs jou kar se ruit
probeer staan

(sal jou hart klop en
skud
as ek loop op my kop en
eitnlik net soek jou bid)

wat van jou hart?
Eerder
myne gegooi in die pad
verplat

As ek aan jou motorvenster klop

Sien jy ooit my gesig raak
weet jy hoekom ek om brood vra
verstaan jy die gom in my bene
die aggressie in my bloed

wou jy alooit weet waar
dit als vandaan kom
het jy al ooit gewonder
hoe lyk my huis my hart

kan jy voel die mes
in my rug
die skoppe in my gesig

het jy al gekyk na my gesig
na my oë
het jy al gewonder hoe lyk
ek onder die verskeurde
gegate lap
het jy

Thursday 23 March 2000

Liza

Na haar sestiende verjaarsdag
of eerder sewende een
sit haar foto teen my muur
na my en gluur
en haar smile
makes me think for a while
why a veggies' laugh
can make my day
but the privilige of
everything I have
cannot make me happy
cannot make me wanna stay

En ek wonder oor die maan en son
oor die straatkinners se gom
oor die volgende bom
in wie se hart
of eerder gesig
hy volgende sal ontplof
en alles opblaas
tot scattered pain
waaruit jy just can't seem to gain
and then it pours and never just
rain
on your heart's plain

Monday 20 March 2000

Ek kan nie sien nie
Ek kan nie voel nie
wil nie
Ek kan nie huil nie
wil ook nie
Ek kan nie praat nie
sal ook nie
Ek kan nie sê nie
sal nooit nie
Ek kan nie onthou nie
Ek kan nie vertrou nie
Ek kan nie
Ek kan ook nie bly nie
nie hier nie
en
nie daar nie
nêrens nie.

Friday 3 March 2000

Die Paddasprokie


Sy was deel van een van die padda families in the region. Haar pa was 'n preekpadda, maar om vlieë op die tafel te kry het hy die muise gehelp met programmering van hulle nuutste mynplanne op hulle gevorderde rekenaars.
Haar ma was 'n padda-juffrou voordat sy haar eerste eier gelê het en dié uitgebroei en tot paddavissie begin groei het. Dit was haar eerste kind, 'n dogter. Daarna het sy besluit sy verkies om die huis skoon en netjies te hou en nog belangriker; om haar paddavissies met liefde en sorg groot te maak.
Sy, die paddameisie, het nog drie sibblingpaddavissies gehad, naamlik Gadget, Duimpie en Tjor. Gadget was haar oudste broer, maar tog drie lê-seisoene jonger as sy, Duimpie was haar enigste suster ses lê-seisoene jonger en Tjor was haar klein broertjie, 'n volle nege lê-seisoene jonger.
Sy was die oudste en haar naam Helmie.

Hulle gesin het lekker gewoon in die streek waar hulle gevestig was vir ses lê-seisoene al. Hulle moes egter aan die begin van Helmie se vyftiende lê-seisoen wegtrek na 'n heelwat kleiner streek, want daardie streek het 'n preekpadda nodig gehad en haar pa was gekies vir die werk. Pappapadda moes sy werk by die muise los en hulle het getrek. Die streek was baie kleiner en Helmie was baie hartseer en kwaad dat sy van haar geliefde skool moes weggaan. Sy het lank gevat om tevrede te voel met die plek waar hulle nou woon, maar sy was later gelukkig daar.

Teen die einde van daardie jaar het Helmie op 'n oorlewingskamp gegaan waar sy heelwat van die lewe geleer het en ook goeie vriende gemaak het. Sy het die kamp baie geniet.
Die dag nadat sy teruggekom het van die kamp af, was sy besig om 'n liefdesbrief te sit en skryf vir haar nuutste paddaliefde toe sy skielik die vreeslikste onaardse "Neeeeee!" hoor. Dit was haar ma se stem en die eerste gedagte in Helmie se kop was - Pa - weggevat na die groot monster, vir ewig! Die een wat buite die woud in die Spookberge woon! Sy was verkeerd, verlig, want twee sekondes later storm pa die huis in en skree net "Sê ma moet vir my 'n hemp saambring as sy kom!" Hy was geskok... en Helmie het nog vir ma probeer soek, toe gryp sy sommer self 'n hemp en hol agterna.

Duimpie! Sy het onder 'n perdepoot van 'n verbygaande koets beland! Sy het erg gelyk en dr. Hamster en sy kollegas het haar probeer help. Hulle moes ver van die huis af gaan, na 'n groter streek waar die hospitaal beter is! Dr. Hamster het gesê dat hulle net sòveel kan doen en dat hulle nie verwag dat Duimpie die volgende dag se lig sou sien nie.

Die hele paddafamilie het baie gehuil en gevra dat die feeprinses asseblief tog vir Duimpie moet help! Dat sy tog net moet lewe! Onwetend van die journey wat voorlê, het hulle aanhoudend gaan smeek dat sy moet leef - én sy het!!
Maar dit was 'n ander soort lewe, Duimpie was weg... vervang met iemand anders, iemand onverwags. Maar sy het geleef en dit was al wat vir die paddafamilie saak gemaak het.
Sy sou egter van daardie dag af ALTYD iemand nodig hê wat haar daagliks moet versorg en monitor. Sy kon nie meer spring of swem nie en volgens die dokters sou sy ook nooit weer kon nie. Eintlik het hulle gesê sy sou nie eers weer kon hoes of nies van al die stuifmeel in die lentetyd of enige ander tyd nie. So erg was haar beserings! Maar duidelik het sy bly leef en dìt was hoop!
Die padda gesin het saam besluit dat hulle baie lief is vir Duimpie en vir mekaar en dat hulle almal gaan saamwerk om vir Duimpie mooi te versorg.
Duimpie is teruggeneem huistoe en 'n lang pad het vir die gesin voorgelê.
Skool en als het weer begin en soos normaalweg was daar 'n groot sportdag gehou - dit was lekker.
Toe Helmie terugkom by die huis het ma haar ingewag en sy kon sien dit was slegte nuus. Haar kop het gewemel met gedagtes - sy wou nie dink aan die most obvious een nie. Sy het gaan sit en haar ma het vertel dat Juliet, Duimpie se vlindermaatjie, die oggend tydens die sport deur die vuilgoedwaentjie doodgery is. Hulle het haar sommer op die waentjie laat laai en sy is so daar weg.
Dit was baie erg vir Helmie - om te dink eers Duimpie en nou nog haar beste maat ook!
In die middel van die jaar het hulle terug getrek na hul oorspronklike streek waar Helmie so gelukkig was - die kostes van Duimpie se hulp was te hoog en die beskikbaarheid daarvan was te min in die kleiner streek.
Helmie het baie verwagtings gehad en amper almal van hulle was presies die teenoorgestelde bewys. Dit was weereens moeilik om aan te pas, baie dinge het oor die jongpaddameisie se pad gekom - maar sy het later ingepas en alles was okay!!

Dis nou amper sewe lê-seisoene na die ongeluk en Helmie is nou 'n studentepadda, sy is besig om te leer hoe om ander paddas en diere te help om moeilike omstandighede deur te werk en op te los. Helmie sit nog baie kere en wonder, eintlik probeer sy onthou hoe Duimpie was voor die ongeluk - dit is iets wat haar baie tickle - sy kan nie onthou nie! Sy weet klein dingetjies soos dat sy graag Rosiesap gedrink het en nooit van Angeliernektar gehou het nie en dit is al wat sy nou mag drink. Klein dingetjies soos dìt kan Helmie nog onthou, maar wie Duimpie was - dit bly 'n mystery.
Helmie wonder ook baie dae wat die toekoms gaan inhou - sy glo baie sterk dat haar paddasussie nog eendag 'n groot rol gaan speel in iemand (of baie mense) se lewe, maar sy weet nie wat, waar of wanneer dit gaan wees nie. Sy kan nie wag nie!!!

The end