Friday 19 December 2008

Totsiens Johannesburg

Daar waar jy nou koebaai sê
vir die lekker huis wat langs die water en bome lê
Vir jou stad se kombers
en jou mense en hulle se vers

Gee ek jou wense van goeie geluk
en sommer hompe nie net stuk vir stuk
Ek strooi rykdom en vreugde en genot confetti oor jou uit
En teer die pad voor jou met 'n lied en 'n fluit

By jou nuwe huis plant ek 'n boom
Wat groei met die tyd - volstoom
Ek nooi die voëltjies om daar te kom nes
en die kriekies doen ook elke aand hul bes

Ek stuur vir jou met 'n Rooiborsduif my pos
En los 'n boodskappe in die klippe se mos
In jou hand sit ek 'n pen en papier
Dis jou wapens, my meisie van water en vuur

So met gereedheid kan jy nou jou huisdeur sluit
vir die laaste maal by hierdie hek uit
in die Goudstad se gange jou spore laat agterbly
om 'n nuwe blinkvosperd te gaan ry

Tuesday 4 November 2008

Op Die Bus

Op die bus is dit stil
Doodstil – vol maar doodstil
Ma is moeg en geirriteerd
Pa is onlus
Kinders se oë is dik geswel
Van te min of te veel of
sommer net van slaap
Hulle gesigte verlep agter
slierte hare
wat nie saam met die
res vasgemaak kon word
met die rush vir regmaak
vir skool na ‘n week se
vakansie nie
Buite is dit klam tam
grys – nie eers donker of
lig nie en tussenin kan dit
nie beskryf
Vandag vat dit sò baie om
net te glimlag
Dit is nie eers die moeite werd
om te probeer nie


Die man met sy pers overcoat
baadjie
met hare wat woes staan
voorgee dis so bedoel
‘n Pa vir twee mòòi dogters
Maar sy pers jas laat my dink
hy is ‘n nar
Hoe kan narre kinders hê?


Die groot lang ma- miskien
is sý 6 voet?
Swart en wit gespikkelde jas
Saam met almal staar sy die
verte in terwyl haar hand haar
hare oor en oor en oor streel
Harde naels - van harde werk
stoei en bemoei met ma-wees goed

Hoe weet mens ooit of jy
sterk genoeg is om dit te kan doen
en veral as jy al so lank wens
vir die einde.


Modderlyne op wat groen gras
was
Wit voëls scattered om
skoon te maak
Geel trokke
Tent verdwyn in die mistigheid
Die Sirkus is oppad


Nou die ou tannies se beurt
hulle dag uit
hoe opwindend
Opgedollie en opgetoffie
Met hair coverings vir grys koppe
Brille, mussies, hoedjie, sykousies (kortetjies) en sakdoekies
plat skoene, warm baadjies
Rimpels onder die make-up
wat ouderdom nie meer verberg nie
Met sakkies gereed vir al die
inkopies

Nog ‘n paar – hulle groet mekaar
Nou is ons op die ouetehuis bus

Vrot van die verkoue

Kop dik
dull pyn
neus opgevul, vol
mond oop vir asemhaal

Monday 3 November 2008

Lyfkom


Ek sit hier op die bus
Kyk uit oor die groen vlakte
Van Blackheath

Maar my lyf en my hart is by jou
Laasnag
Vanoggend
Vroeg
Laat

My hart kry stuiptrekkings
‘n mini hartaanval
Die lekker tipe
Soos my lyf oor en oor en oor
Kom

koue rillings wat my omvou
En warm maak
Soos klei gepers
Deur jou vinger gleuwe

Dubbelkloppe
Stuur my hartsbloed
Deur my binnensare
Op reise van liefde, vreugde en genot

Monday 6 October 2008

Die Roos - Nana Mouskouri


EN dan onverwags
uit die bloute
kom daai song
en jy wonder of jou ore werk
en jy wonder of dit regtig gebeur
en of dit regtig waar is
en jy glo nie
want hoe kan dit ooit wees
iets wat jy wil hê?

en dan soos die song
is jy bang
jou hart bang vir die wals
jou droom bang vir die kans
jou siel bang vir dood
en jou lewe gaan net dodend voort

en jy sit hier alleen
op jou kingsize bed
na ‘n lang dag se werk
en jy weet dis nie vir jou nie
want die liedjie sny af reg in die middel


Half leeg Rooiwyn

Half leeg Rooiwyn
in ‘n vinger besmette glas
The chances one in 50
skraal amper so min soos
1 in a million
unless you listen long enough
to hear that song – or you are very lucky
or you have the power
to align the universe
instead other ones fill your ears
and they are so lovely and meaningful
too – but they are not that one
you want to hear
That is the life of me – always all these beautiful ones
each with their own beauty
but none of them that one
that I really want
Maar jy vat wat jy kry
of jy kry niks
maybe nothing is actually the
better option
All or nothing dear
THA’ ONE, I WANT THA’ ONE

Maar die grap is
as jy toilet toe gaan en dan kom daai EEN SONG op
en jy mis dit – so jy wag
al pis jy jouself nat – want jy kannie die lewe pause nie.


I could not do it over
a long period
it would have to
be a one off
successful event

Druppeltjie Drup



Nat vingers
souterig
van nie meer wil nie
van wens vir ‘n einde in sig

‘n Druppeltjie
Dof soos seewater
Drup nie
hang net daar
wil nie fo. . . . val nie