Sunday 21 January 2001

Het jy geweet?

God is 'n skrywer
Hy is mal oor verhale en stories
Hy het lank gelede duisende stories geskryf - duisende?
Nee! Miljoene, biljoene, triljoene - ontelbaar baie!
en toe't Hy besluit om hulle
almal waar te maak
regtig te laat gebeur
Hy het vir elke storie 'n mens gemaak
en elke mens is die kans gegee om 'n aktiewe
skepper, maker, karakter, besluit-
nemer in sy of haar storie te wees, maar elkeen
het steeds die essence
van die storie vir hom-
of haarself wat hul moet
uitleef.

God is 'n kunstenaar met
woorde wat Hy lewend
maak tot Sy eer. en ons voorreg
Hoe wonderlik sal dit kan
wees om 'n storie te kan
skryf en dit werklik te laat
gebeur soos jy dit wil -
met 'n ongelukkige of gelukkige
einde. Dit als hang van
jou af - Jy is die outeur
God is jou lewensstorie se
outeur!