Friday 1 October 1999



Gebruik wat jy hoor en sien
om allerhande soort 'gedigte' te
bedien
niks maak eintlik sin
onchronologies
niemand kan werklik verstaan
wat in my hart/kop aangaan
somtyds nie eers ek
visse/mamals voor my oë
laat my dink aan vele
vertoë
Hoekom?
God somtyds god
beloof het ek gedink ...!
Jammer!
Dit mag jy nie vra
maar moeg
is tog waar
en nou net die lewe
instaaaaaaar _

Wednesday 1 September 1999

In my hart...


In my hart…
ek wil jou vertel
van in my hart

Daar is rooi kersies en bessies
hulle groei in hompe en hompe
net vir jou (en....) om gepluk
te word, geëet te word
geniet te word
Voordat dit vrot
‘n bruin papperel
wat squish, squash
as jy daarin trap
Wat so kruip en wurm
deur jou vingers
as jy dit vashou en druk

Die boonstes lyk nog mooi
en proe nog lekker
Maar daaronder is baie
vasgedruk, ingedurk, ingepers
pap en vrot

Jy moet eers al dié
boonstes eet voordat
jy die pappery kan
wegkry om by
die wortels en saad
van die plant te kom
wat moet groei en
vars vrugte maak.
Dan kan jy gereeld
goeie, ryp vrugte kry
sonder die pappery