Wednesday 21 October 1998

Jou Foto Vandag


Ek kan nie vir jou vertel
hoe my hart geklop het
toe ek vandag daai
foto van jou gesien het nie

Ek kan nie vir jou sê
hoe ek voel
Ek kan nie voel hoe ek
oor jou voel nie
Ek mag nie

Ek kan nie vir jou wys
hoe groot die smile op
my gesig is wanneer
‘n gedagte aan jou op pop nie

Ek kan nie vir jou vertel
wat jy aan my doen nie

Was ek maar ‘n digter…

Dan kon ek dit dalk verskuil


21/10/2008 – 16:40

Wednesday 14 October 1998

Is Leeg



Is leeg
en tog
vol
seer
teer
vreet
en eet
My hart klop pyn
My longe haal seer
weer en weer en weer
en nog 'n keer .

Skuld, nar...

Skuld, jou hanswors
sit op jou gesig
teer op jou siel

Skuld, vrolike nar
kruip in jou rooi neus rond
jou gesig, bond

Skuld, ingekleur
op jou hart
maak jou eintlik vol smart.

Skuld, nê
Maak jou vol
van dit wat jy nie wys nie

Skuld, tap jou leeg
bedek die krakies
steek dit weg

Skuld, is jy

Maar jy is nie
wie jy is nie
want
Skuld skuld jy aan God

Friday 1 May 1998

Inrigtings



Inrigtings
Haal my uit die samelewing
Moenie my ‘n kans gee nie
sny my af
ek si nie ‘n mens nie
ek dra ‘n kraagie

My vriende is wit en koud
en hoog en leeg
my bed is benerig
die son is vals
die maan ook
die mense ook
die mense is nie mense nie
hulle is medikasie-geïnduseerde-weses
wat ronddwaal tussen vriende