Tuesday 10 October 2000

‘n Tribute aan Ouma B (oorlede in 2000)



Ouma B is vandag dood

wel, eintlik verlede week al
aan 'n hartaanval
net soos sy wou
met 'n 'bang' is sy die lewe uit
die hemel in

Michanne het my aan my arm
die klas uitgeruk
en 'probeer-koud' die nuus oorgedra
my hand uit die greep om haar lyf
gehaal
en 'n ou sentehouertjie
uit ouma se antieke kas
daarin geprop
"Sy was baie lief vir jou
- sy wou hê jy moes dit hê!"

Ons het gehuil
Ek het twee ure in die klas
gesit
en nie 'n woord gehoor van
FAMSA en wat nog nie

Ek het middagetes met wyn
en lekker slaai in Pinelands
by ouma B herleef
Sondae middae na kerk en ete
geselsies
ouma se sigarette wat ewig
aanhou as en nooit tip nie
haar nightcaps - witblits
en haar kombuis, gang,
sitkamer, boeke
sertifikate, kleinkinders - geraam
teen al haar mure
almal om haar

Ek het haar stories gehoor
haar lekker lag

Ek het gehuil
Huil nogsteeds

Maar dis seker waar
Sy is nou waar sy hoort.

Baie liefdes aan
jou - ouma B

Piet (met die nipple pink mini 8-) )