Saturday 11 September 2004

Vir my Pa se 51

Oor die hobbel van half 'n eeu
Om die hoek van probeer en soek
Op en af deur die lewens-
pas van berge klip en velde gras
Links en regs verby van allerhande kry
Aangestap met sole van
rubber, vleis en bas
Hande gevat oor die grond én teerpad
Oorgeslaan na nog 'n dag, week, maand, jaar
Die lewe VOL in die gesisg gestaar
En vooruitsig na wat die toekoms sal baar
Geluk, vreugde, blydskap, vrede en liefde
alreeds wagtend daar!