Monday 5 July 2004

Hi Matie

Toe sê ek gou hallo
aan 'n ou ou vrind van my
in 'n verre verre land
maar 'n naby nabye kamer
van my hart.

Sy't vi my 'n gedig gestuur
Só gaan dit:
From: Mel (05 Jul 04, 23:03)
-WINTER-
Deur
A.G. Visser

"Fok, maar dis
koud...!!"


Toe bel ek maar....
net om seker te maak
want hier is Wimbledon net gister klaar
en Portugal het die Euro verloor teen
Griekeland (...is al die huisies wit en sing ♫)

En ons het 'onthou-jy-nogs' gedeel
van Casper de Vries en 'n 'naamgenoont'
want ons maatije is

Net 'n paar oomblike met hallo's, koebaais
giggels en stiltes
maar genoeg om vriendskapbande dieper
te smee

So loop ons eintlik saam, al op ons eie weë
Lief jou matie!!