Sunday 14 September 2008

Memories

Stap die paadjie deur ou
gramadoelas soos die straattroebadoere
in die agtergrond sing

Onthou ou memories
wat nou eintlik seermaak
want dit sit en fokken fashaak

Kyk terug en voel al die pyn
van verloor en verlore wees

Mourn, ja, rou vir dit wat nooit was
en nooit sal wees

Vir verlore herinneringe
wat nooit eers gebeur het nie

Rou oor daai lank vermiste mens
wat nooit bestaan het nie

Wat 'n gat in haar siel het
en 'n 9/11 hart - verbars verkrummel verpletter

Vergeet alles wat jy wou onthou
Vergeet wat in die toekoms gebeur het

Die lewe het geen sin
Die enigste einde - miskien doel - is die dood
en wat sou die sin daarin wees

No comments: