Saturday 13 September 2008

Venster

Daar was eenmaal ‘n Venster; High Above!! Dié Venster het kamers gehelp om buite te sien soos buite is en meer nog – het die kamers gehelp om hulle binne-mure te bekyk en al die lae verf af te skuur totdat hulle by die bakstene uitgekom het!

Eendag het hierdie Venster by een van sy nabye huise gekuier. Hy het lank saam met een van die klein kamertjies gekyk na die wolke wat verby gedryf het in die blou lug! Hulle het gepraat oor wat die verskillende wolkies voorstel...Dit het die klein kamertjie gehelp om nie bang te wees vir die donderweer nie.


Die Venster het toe in die hoofslaapkamer gaan sit en gesels met dié se mure wat graag wou weet hoe dit met die klein kamertjie se kuiertjie gegaan het. Een van die ander slaapkamertjies het gesien hoe dieVenster saam met die klein kamertjie na die wolke kyk. Die slaapkamertjie wou ook graag saam met die Venster kyk hoe die wolke lyk en die Venster het toe belowe om eendag daar te kom sit en die wolke te bekyk....

Die Venster het nooit gekom nie...
Die slaapkamertjie het toe maar alleen na die wolke gekyk en die mure se gesprekke het vir altyd daarbinne gebly.
Eendag baie later wou die Venster daar kom sit om die sonsondergang te kyk. Die slaapkamertjie se deur was toegesluit.

No comments: