Sunday 14 September 2008

Gayle

Ek dink vanaand aan jou
Ek wonder wat jou boodskap is
Hoekom kom krap jy aan my siel

Wat wil jy sê?
Is daar lig aan daai kant van die lewe
Is jou kind pragtig?
Word sy mooi groot?
Geniet julle ewigheid saam?

O waar is jy
Jy wat skryf weer in my wakker gemaak het
Jy wat baklei het oor lighters in plaas van
vuurhoutjies vir jou Rothmans Filters

Trane rol uit my hart
Ek wil vir jou kom kuier
Jou en jou dogtertjie styf teen my vasdruk

In alle skakerings van pers
Skemer blare op jou kasdeur
Stoele en tafels wat jy rondskuif
- in ou afwesige daar wees!

Jy bly altyd in my hart!


(Dankie vir die paar ure wat jy met ons gedeel het!)

No comments: