Sunday 14 September 2008

Ek wil hê jou 100% katoen
moet vanaand my kaal lyf soen

Met natuur geweef
wil ek in jou arms sweef

Saggies moet jy aan my vat
want ek is mos jou enigste skat

Omring deur jou aardse reuk
wil ek jou vir nòg ure smeek

Onder die sterre se lig
moet ons saam droomland toe vlug

En as die hemel weer skyn met blou
sal ons soos roosblare ontvou

No comments: