Friday 22 August 2008

Warm Kole

Jy maak my bene nat met jou sappige woorde
My lyf blaas op soos die bloed deur my dun are forseer
My hart klop op drie plekke in my bors – in my borste
Die vure brand in en om my lippe soos warm kole wat wit brand – weggesteek
Onder die asse van opgebruikte hout-energie

Lê die potensiaal van ‘n groot groot vuur!

No comments: