Sunday 25 May 2008

Die Weggooi Baba


Soos 'n toets resep
moer 'n klomp goed bymekaar
Mix it up
Gooi dit in 'n bakpan
en sit dit in 'n halfkoue oond
Laat dit bak vir so uur of wat
- òf totdat dit soos 'n koek lyk -
Gryp dit uit die oond
nét voor dit swart verbrand
sonder 'n vadoek
en blameer die verdomde koek
vir jòù verbrande vingers
Drùk rosyntjies ìn - sommer van bo af
met jou vingers
en tierlantyntjies:
Druk kersies ìn
langs die kante dan lyk dit soos 'n rokkie
Ek haat rosyntjies!
Eks 'n chocolate koek!
Smeer my met caramel kondensmelk!
nie fokken rosyntjies en tierlantyntjies nie!
Druk die koek op die tafel
voor die kinders in
Gee vir hulle koffie en tee
En nou
is jy verbaas hulle wil dit níé hê nie
wantdit is sleg!
(Dis fokken rosyntjies wat
jy daar ingedruk het jou...)
Moer die hele blerrie koek in die drom
- want dit het hard geword
van weke se staan -
sonder iemand se eet
En nou lyk dit te sleg
nie eers room kan dit verberg
Die voëls, swerwers, bergies,a
sblikkrappers, hongeres - hulle
sal dit eet as julle dan nie
wil nie.
Die Les
Soek 'n boek met die resep in
Kry die regte bestanddele
en volg die resep(haal die koek op die regte tyd uit die oond uit
én gebruik warmlappies.)
Versier die koek met caramel kondensmelk
of iets anders wat lekker is
EN MOENIE FLIPPEN ROSYNTJIES
IN 'N CHOCOLATE KOEK INDRUK NIE
'n Chocolate Koek is 'n chocolate koek
vir 'n rede! Dis nie 'n rosyntjie
koek nie - dis 'n chocolate koek!!
Aanvaar dit so, versier dit so,
geniet dit so... los LOS die
fokken rosyntjies vir die
vrugtekoek... (geen wonder daar's
sjerrie in nie - om die verdomde
rosyne te verberg!)

No comments: