As die bloedtrane van my
hartpunt drup
sien ek hoe jy wegseil
op jou vreugdeskip
Ek smag na omgee
maar jy wil my met jou
bmw van die aarde afvee
In die donker kouer
suig ek dit in my longvoue
bene lam
gevoel tam
Dis nie meer koud nie
Ek het verbrand
wie ek was
is veras
my lyf word gelas
Ek is maer
gaar
nogal raar
Dit was terpentyn
wat sorg vir my pyn
Thinners en vuur
het my moed deurgeskuur
en terwyl ek na jou tuur
wil ek aan my dooie ma
'n brief stuur
Ek het verbrand
Ma
Liefde van geskend veras gaar
Wednesday, 26 July 2000
Monday, 26 June 2000
Sal dit jou pla as
iemand my met 'n baksteen
teen die kop moer
of verkrag
twee nagte in 'n ry
en neersmyt op die vloer
sal jy omgee as my bene
verlam
langs jou kar se ruit
probeer staan
(sal jou hart klop en
skud
as ek loop op my kop en
eitnlik net soek jou bid)
wat van jou hart?
Eerder
myne gegooi in die pad
verplat
iemand my met 'n baksteen
teen die kop moer
of verkrag
twee nagte in 'n ry
en neersmyt op die vloer
sal jy omgee as my bene
verlam
langs jou kar se ruit
probeer staan
(sal jou hart klop en
skud
as ek loop op my kop en
eitnlik net soek jou bid)
wat van jou hart?
Eerder
myne gegooi in die pad
verplat
As ek aan jou motorvenster klop
Sien jy ooit my gesig raak
weet jy hoekom ek om brood vra
verstaan jy die gom in my bene
die aggressie in my bloed
wou jy alooit weet waar
dit als vandaan kom
het jy al ooit gewonder
hoe lyk my huis my hart
kan jy voel die mes
in my rug
die skoppe in my gesig
het jy al gekyk na my gesig
na my oë
het jy al gewonder hoe lyk
ek onder die verskeurde
gegate lap
het jy
weet jy hoekom ek om brood vra
verstaan jy die gom in my bene
die aggressie in my bloed
wou jy alooit weet waar
dit als vandaan kom
het jy al ooit gewonder
hoe lyk my huis my hart
kan jy voel die mes
in my rug
die skoppe in my gesig
het jy al gekyk na my gesig
na my oë
het jy al gewonder hoe lyk
ek onder die verskeurde
gegate lap
het jy
Thursday, 23 March 2000
Liza
Na haar sestiende verjaarsdag
of eerder sewende een
sit haar foto teen my muur
na my en gluur
en haar smile
makes me think for a while
why a veggies' laugh
can make my day
but the privilige of
everything I have
cannot make me happy
cannot make me wanna stay
En ek wonder oor die maan en son
oor die straatkinners se gom
oor die volgende bom
in wie se hart
of eerder gesig
hy volgende sal ontplof
en alles opblaas
tot scattered pain
waaruit jy just can't seem to gain
and then it pours and never just
rain
on your heart's plain
of eerder sewende een
sit haar foto teen my muur
na my en gluur
en haar smile
makes me think for a while
why a veggies' laugh
can make my day
but the privilige of
everything I have
cannot make me happy
cannot make me wanna stay
En ek wonder oor die maan en son
oor die straatkinners se gom
oor die volgende bom
in wie se hart
of eerder gesig
hy volgende sal ontplof
en alles opblaas
tot scattered pain
waaruit jy just can't seem to gain
and then it pours and never just
rain
on your heart's plain
Monday, 20 March 2000
Friday, 3 March 2000
Die Paddasprokie
Sy was deel van een van die padda families in the region. Haar pa was 'n preekpadda, maar om vlieë op die tafel te kry het hy die muise gehelp met programmering van hulle nuutste mynplanne op hulle gevorderde rekenaars.
Haar ma was 'n padda-juffrou voordat sy haar eerste eier gelê het en dié uitgebroei en tot paddavissie begin groei het. Dit was haar eerste kind, 'n dogter. Daarna het sy besluit sy verkies om die huis skoon en netjies te hou en nog belangriker; om haar paddavissies met liefde en sorg groot te maak.
Sy, die paddameisie, het nog drie sibblingpaddavissies gehad, naamlik Gadget, Duimpie en Tjor. Gadget was haar oudste broer, maar tog drie lê-seisoene jonger as sy, Duimpie was haar enigste suster ses lê-seisoene jonger en Tjor was haar klein broertjie, 'n volle nege lê-seisoene jonger.
Sy was die oudste en haar naam Helmie.
Hulle gesin het lekker gewoon in die streek waar hulle gevestig was vir ses lê-seisoene al. Hulle moes egter aan die begin van Helmie se vyftiende lê-seisoen wegtrek na 'n heelwat kleiner streek, want daardie streek het 'n preekpadda nodig gehad en haar pa was gekies vir die werk. Pappapadda moes sy werk by die muise los en hulle het getrek. Die streek was baie kleiner en Helmie was baie hartseer en kwaad dat sy van haar geliefde skool moes weggaan. Sy het lank gevat om tevrede te voel met die plek waar hulle nou woon, maar sy was later gelukkig daar.
Teen die einde van daardie jaar het Helmie op 'n oorlewingskamp gegaan waar sy heelwat van die lewe geleer het en ook goeie vriende gemaak het. Sy het die kamp baie geniet.
Die dag nadat sy teruggekom het van die kamp af, was sy besig om 'n liefdesbrief te sit en skryf vir haar nuutste paddaliefde toe sy skielik die vreeslikste onaardse "Neeeeee!" hoor. Dit was haar ma se stem en die eerste gedagte in Helmie se kop was - Pa - weggevat na die groot monster, vir ewig! Die een wat buite die woud in die Spookberge woon! Sy was verkeerd, verlig, want twee sekondes later storm pa die huis in en skree net "Sê ma moet vir my 'n hemp saambring as sy kom!" Hy was geskok... en Helmie het nog vir ma probeer soek, toe gryp sy sommer self 'n hemp en hol agterna.
Duimpie! Sy het onder 'n perdepoot van 'n verbygaande koets beland! Sy het erg gelyk en dr. Hamster en sy kollegas het haar probeer help. Hulle moes ver van die huis af gaan, na 'n groter streek waar die hospitaal beter is! Dr. Hamster het gesê dat hulle net sòveel kan doen en dat hulle nie verwag dat Duimpie die volgende dag se lig sou sien nie.
Die hele paddafamilie het baie gehuil en gevra dat die feeprinses asseblief tog vir Duimpie moet help! Dat sy tog net moet lewe! Onwetend van die journey wat voorlê, het hulle aanhoudend gaan smeek dat sy moet leef - én sy het!!
Maar dit was 'n ander soort lewe, Duimpie was weg... vervang met iemand anders, iemand onverwags. Maar sy het geleef en dit was al wat vir die paddafamilie saak gemaak het.
Sy sou egter van daardie dag af ALTYD iemand nodig hê wat haar daagliks moet versorg en monitor. Sy kon nie meer spring of swem nie en volgens die dokters sou sy ook nooit weer kon nie. Eintlik het hulle gesê sy sou nie eers weer kon hoes of nies van al die stuifmeel in die lentetyd of enige ander tyd nie. So erg was haar beserings! Maar duidelik het sy bly leef en dìt was hoop!
Die padda gesin het saam besluit dat hulle baie lief is vir Duimpie en vir mekaar en dat hulle almal gaan saamwerk om vir Duimpie mooi te versorg.
Duimpie is teruggeneem huistoe en 'n lang pad het vir die gesin voorgelê.
Skool en als het weer begin en soos normaalweg was daar 'n groot sportdag gehou - dit was lekker.
Toe Helmie terugkom by die huis het ma haar ingewag en sy kon sien dit was slegte nuus. Haar kop het gewemel met gedagtes - sy wou nie dink aan die most obvious een nie. Sy het gaan sit en haar ma het vertel dat Juliet, Duimpie se vlindermaatjie, die oggend tydens die sport deur die vuilgoedwaentjie doodgery is. Hulle het haar sommer op die waentjie laat laai en sy is so daar weg.

Dit was baie erg vir Helmie - om te dink eers Duimpie en nou nog haar beste maat ook!
In die middel van die jaar het hulle terug getrek na hul oorspronklike streek waar Helmie so gelukkig was - die kostes van Duimpie se hulp was te hoog en die beskikbaarheid daarvan was te min in die kleiner streek.
Helmie het baie verwagtings gehad en amper almal van hulle was presies die teenoorgestelde bewys. Dit was weereens moeilik om aan te pas, baie dinge het oor die jongpaddameisie se pad gekom - maar sy het later ingepas en alles was okay!!
Dis nou amper sewe lê-seisoene na die ongeluk en Helmie is nou 'n studentepadda, sy is besig om te leer hoe om ander paddas en diere te help om moeilike omstandighede deur te werk en op te los. Helmie sit nog baie kere en wonder, eintlik probeer sy onthou hoe Duimpie was voor die ongeluk - dit is iets wat haar baie tickle - sy kan nie onthou nie! Sy weet klein dingetjies soos dat sy graag Rosiesap gedrink het en nooit van Angeliernektar gehou het nie en dit is al wat sy nou mag drink. Klein dingetjies soos dìt kan Helmie nog onthou, maar wie Duimpie was - dit bly 'n mystery.
Helmie wonder ook baie dae wat die toekoms gaan inhou - sy glo baie sterk dat haar paddasussie nog eendag 'n groot rol gaan speel in iemand (of baie mense) se lewe, maar sy weet nie wat, waar of wanneer dit gaan wees nie. Sy kan nie wag nie!!!

The end
Friday, 1 October 1999
Gebruik wat jy hoor en sien
om allerhande soort 'gedigte' te
bedien
niks maak eintlik sin
onchronologies
niemand kan werklik verstaan
wat in my hart/kop aangaan
somtyds nie eers ek
visse/mamals voor my oë
laat my dink aan vele
vertoë
Hoekom?
God somtyds god
beloof het ek gedink ...!
Jammer!
Dit mag jy nie vra
maar moeg
is tog waar
en nou net die lewe
instaaaaaaar _
Subscribe to:
Posts (Atom)