Toe sê ek gou hallo
aan 'n ou ou vrind van my
in 'n verre verre land
maar 'n naby nabye kamer
van my hart.
Sy't vi my 'n gedig gestuur
Só gaan dit:
From: Mel (05 Jul 04, 23:03)
-WINTER-
Deur
A.G. Visser
"Fok, maar dis
koud...!!"
Toe bel ek maar....
net om seker te maak
want hier is Wimbledon net gister klaar
en Portugal het die Euro verloor teen
Griekeland (...is al die huisies wit en sing ♫)
En ons het 'onthou-jy-nogs' gedeel
van Casper de Vries en 'n 'naamgenoont'
want ons maatije is
Net 'n paar oomblike met hallo's, koebaais
giggels en stiltes
maar genoeg om vriendskapbande dieper
te smee
So loop ons eintlik saam, al op ons eie weë
Lief jou matie!!
Monday, 5 July 2004
Thursday, 1 January 2004
Haartjie
Daar was eendag ‘n dametjie in ‘n ver ver land, sy het graag gaan speel saam met die seuntjies van die stad. Wild en wakker, avontuurlustig en lewendig, dit is hoe sy was. Sy het gehou van klere soos broeke en hempde en wou nooit rokke, frilletjies en hoë-hakskoene dra nie. Dit was vir haar ’n straf!
Haar ma het natuurlik gewens sy wil net meer verfynd wees en het gereeld vir haar sykouse en valletjierokke en rompe gekoop, sy het dit verpes. Haar ouma was die ergste, sy het letterlik die tipe goed in haar keel afgedruk en vir haar goed gesê soos: “ seuns hou nie daarvan as meisies hulle wen in sport of dinge soos bergklim nie, hulle wil hê die meisie moet sagter en fyner wees en toelaat dat hulle haar ophelp by groot klippe en berge.” Sulke tipe tjol het sy kwyt geraak, asof sy alles van verhoudings geweet het. Dieselfde ouma wat haar ma met elektriese drade geslaan het omdat sy op skool met seuns gepraat het – mal vrou!!! Haartjie het nie veel daarvan gedink nie, ook nie veel van haar ouma nie. Sy het haar later begin verpes en wou niks met haar te doen gehad het nie.
Die einde van haar ouma se groot indringery in haar sogenaamde verfynde vroulike opvoeding het gekom toe sy eendag in haar veertiende jaar ’n brief van ouma ontvang het. ’n Niksseggende brief oor die algemeen, maar die kern van die hele briefoperasie was om vir Haartjie te sê dat ouma haar die wonderlikste groot guns gaan bewys deur vir oupa te vra om ’n paar randjies van hul karige pensioen aan haar af te staan om spesifiek ’n valletjiesrokkie, ’n paar sykouse en ’n paar pragtige hofskoentjies vir Haartjie aan te skaf – vir wat op die aarde dit op daardie stadium sou nodig wees weet die Here alleen, daar was nie eers ’n groot toedoe oppad waarvoor die klere miskien nodig sou wees nie en liewe ouma het mos geweet dat dit presies die klere is wat Haartjie se haartjies laat rys.
Haartjie se ma het gesê dat sy maar ’n briefie sal moet terugskryf, dit is tog haar plig as kleindogter, maar sy het gevra dat sy dit tog asb. eers kon lees. Haartjie het ingestem. Op die ou end moes sy die brief drie keer oorskryf en haar ma het gesê dat dit steeds baie hard is. Haartjie se reaksie daarop was dat die brief sò gestuur word of dat hy glad nie gestuur word nie, want soveel tyd en energie gaan sy nou nie op haar geliefde ouma mors nie. Die brief is op die ou end so gestuur en Haartjie het nooit weer gehoor van frilletjierokke, sykouse of hofskoentjies van haar ouma af nie. Nooit weer nie.
Haar ma het naderhand besef dat daar nie salf te smeer is aan die dogter van haar nie en het begin cool down en haar meer geleentheid gegee om haar eie besluite, onder baie invloed van moeder, te neem. Dit het dinge ’n bietjie beter gemaak.
Wednesday, 1 October 2003
Clapham Junction of iewers op 'n London Stasie
Dreunend oor die platform
kom jou voete verby gestorm
om my toe te laat om die
deur oop te maak
sodat jy die eerste gaping
in, kan skaak
Jou boudbene geslyp
om die beste sitplek te
gryp
Ten spyte van oupa of ouma
se bene
of babakies wat nog nie
eers gespene
Dan snork jy nog ook -
die stilte weg
Terwyl jou ore se geraas
almal se rit versleg
met die afklim
verdwyn jy
soos 'n skim
Friday, 3 January 2003
You are so beautiful to me
You are so beautiful to me
you are as beautiful as
the morningdew dripping from the trees
as the first rays of the sun over the mountaintops
as the whitest cloud in the bluest sky
you are as beautiful as
the ocean on a calm day
when one can see the reflection of nature’s perfection
you are as beautiful as
the morningdew dripping from the trees
as the first rays of the sun over the mountaintops
as the whitest cloud in the bluest sky
you are as beautiful as
the ocean on a calm day
when one can see the reflection of nature’s perfection
Sunday, 28 October 2001
Sunday, 1 July 2001
As
As mens ophou lag
as daar nie meer iets is
om jou mondhoeke te
laat trek nie
as dit ‘n effort raak
om net te smile
as jou brein sukkel om
die konsep daarvan om
te sit in ‘n kode giggel
as jou hart nie meer
weet hoe dit voel om
vol uit te lag nie
as jou maag nie meer
kan styf trek as jy diep
daaruit gil van geluk nie
waarheen is jy oppad?
Friday, 1 June 2001
Almost perfect line
An almost perfect line
and I feel sad
bad
The next one starts with
the piano
los voetspore op my hartkamers
soos in seesand
tot die soutwater dit wegspoel
na ‘n ewigheid
onverstanbaar
onvoorspelbaar
Saggies tokkel dit rustig voort
en lei my na ‘n poort
van amper trane
en
stop.
Subscribe to:
Posts (Atom)
