Sunday, 21 January 2001

Het jy geweet?

God is 'n skrywer
Hy is mal oor verhale en stories
Hy het lank gelede duisende stories geskryf - duisende?
Nee! Miljoene, biljoene, triljoene - ontelbaar baie!
en toe't Hy besluit om hulle
almal waar te maak
regtig te laat gebeur
Hy het vir elke storie 'n mens gemaak
en elke mens is die kans gegee om 'n aktiewe
skepper, maker, karakter, besluit-
nemer in sy of haar storie te wees, maar elkeen
het steeds die essence
van die storie vir hom-
of haarself wat hul moet
uitleef.

God is 'n kunstenaar met
woorde wat Hy lewend
maak tot Sy eer. en ons voorreg
Hoe wonderlik sal dit kan
wees om 'n storie te kan
skryf en dit werklik te laat
gebeur soos jy dit wil -
met 'n ongelukkige of gelukkige
einde. Dit als hang van
jou af - Jy is die outeur
God is jou lewensstorie se
outeur!

Tuesday, 10 October 2000

‘n Tribute aan Ouma B (oorlede in 2000)



Ouma B is vandag dood

wel, eintlik verlede week al
aan 'n hartaanval
net soos sy wou
met 'n 'bang' is sy die lewe uit
die hemel in

Michanne het my aan my arm
die klas uitgeruk
en 'probeer-koud' die nuus oorgedra
my hand uit die greep om haar lyf
gehaal
en 'n ou sentehouertjie
uit ouma se antieke kas
daarin geprop
"Sy was baie lief vir jou
- sy wou hê jy moes dit hê!"

Ons het gehuil
Ek het twee ure in die klas
gesit
en nie 'n woord gehoor van
FAMSA en wat nog nie

Ek het middagetes met wyn
en lekker slaai in Pinelands
by ouma B herleef
Sondae middae na kerk en ete
geselsies
ouma se sigarette wat ewig
aanhou as en nooit tip nie
haar nightcaps - witblits
en haar kombuis, gang,
sitkamer, boeke
sertifikate, kleinkinders - geraam
teen al haar mure
almal om haar

Ek het haar stories gehoor
haar lekker lag

Ek het gehuil
Huil nogsteeds

Maar dis seker waar
Sy is nou waar sy hoort.

Baie liefdes aan
jou - ouma B

Piet (met die nipple pink mini 8-) )

Tuesday, 26 September 2000

Diep binne
We're all connected
with love
and feeling
each others feelings
we can walk for hours
not needing to talk
about ours
Or yours
we understand -
in the heart
we are few times apart -
that is a friend

Friday, 1 September 2000

Dom Dosent



Hier sit ons op die houtbanke
sal eerder wil saag aan planke

Wie luister ? Wie hoor ?
Verveeld, BORING

Hartseer die feit dat elke student
sy gesig moet skend
daar voor in die klas
om mense se tyd te veras
want die dosent is lui en dom
en verkies om te bly stom
ek snuif sommer gom


rym
skuim
duim

Huisdans 2000



Ja Ma – geskok is jy
verseker
jou gesig sommer bleker
want jou dogter drink nou ook
uit die bruinman se beker

Wednesday, 30 August 2000

Jy weet as trane na
jou neus toe stroom
en dan by jou oë uitloop?
Dis dan wat jy weet
dit kom van jou hart
se versteekste skrefie
daar waar jyself net
eenmaal in 'n millenium
'n kans kry om in te loer
vir 'n korte oomblik
- amper soos daai
leë oomblik
gekke oomblik - wat
dan gou verby is
waarvoor daar is vind
jy nie gou uit nie
Dink ek... eers later
oor ten minste
een gebreekte spieël
se tyd
en dis al
vir dié oomblik

Saturday, 26 August 2000

Die wind saai woesterny
die deure ruk en pluk en skud
Blaaie flapper en skrik
val oor takke
lee
Stappe op trappe
rokies wat swaai
met kinetiese energie gelaai

Ek voel passief
moeg
bloedbelope oë
was dit maar van drank
of drugs
maar nee
van seersee
se golwe wat bars
gooi tol rol
verstik aan soutwater
sien jou nie later