Wednesday, 30 August 2000

Jy weet as trane na
jou neus toe stroom
en dan by jou oë uitloop?
Dis dan wat jy weet
dit kom van jou hart
se versteekste skrefie
daar waar jyself net
eenmaal in 'n millenium
'n kans kry om in te loer
vir 'n korte oomblik
- amper soos daai
leë oomblik
gekke oomblik - wat
dan gou verby is
waarvoor daar is vind
jy nie gou uit nie
Dink ek... eers later
oor ten minste
een gebreekte spieël
se tyd
en dis al
vir dié oomblik

Saturday, 26 August 2000

Die wind saai woesterny
die deure ruk en pluk en skud
Blaaie flapper en skrik
val oor takke
lee
Stappe op trappe
rokies wat swaai
met kinetiese energie gelaai

Ek voel passief
moeg
bloedbelope oë
was dit maar van drank
of drugs
maar nee
van seersee
se golwe wat bars
gooi tol rol
verstik aan soutwater
sien jou nie later

Tuesday, 1 August 2000

Deurgedruk


Deurgedruk
onsigbaar
net die deurskynende
strepe is daar
om raakgesien te word
as jy werklik
regtig wil sien
anders die inkleur
sal die geskribbel
probeer versteur
verkleur
sodat jy daarna kan staar
en probeer uitmaak
wat de fok sy van praat
maar toe NIE
want jou lewe is anders
as hare
en dus jou ervarings van dinge
ook

Koshuis Aandete eers 17:30

Sllleeeeep Sllleeep
deur die gange
met baksteenvloere
en gesange
van kuier in die sitkamer
se oopte
Engelses Afrikaanses amper Spaanses
Ja almal is hier
om socialtyd te vier

Die mikrogolfoonde maak
reuksintuie wakker
Still hongers van leë studente
uit kamers met mure sonder prente
Dis al amper weer lente
en die einde is in sig
dit skyn soos ‘n veraf lig

Nog ‘n versie is verby
tussen jou en my
ek hou aan met rym
sommer so uit my duim
net om die tyd vol te maak
ten einde my honger te staak
en voordat jy gatvol raak
‘n sug van verligting geslaak

kolskoot
boem
doem
ha

Wednesday, 26 July 2000

As die bloedtrane van my
hartpunt drup
sien ek hoe jy wegseil
op jou vreugdeskip
Ek smag na omgee
maar jy wil my met jou
bmw van die aarde afvee

In die donker kouer
suig ek dit in my longvoue
bene lam
gevoel tam
Dis nie meer koud nie

Ek het verbrand
wie ek was
is veras
my lyf word gelas
Ek is maer
gaar
nogal raar

Dit was terpentyn
wat sorg vir my pyn
Thinners en vuur
het my moed deurgeskuur
en terwyl ek na jou tuur
wil ek aan my dooie ma
'n brief stuur

Ek het verbrand
Ma
Liefde van geskend veras gaar

Monday, 26 June 2000

Sal dit jou pla as
iemand my met 'n baksteen
teen die kop moer
of verkrag
twee nagte in 'n ry
en neersmyt op die vloer

sal jy omgee as my bene
verlam
langs jou kar se ruit
probeer staan

(sal jou hart klop en
skud
as ek loop op my kop en
eitnlik net soek jou bid)

wat van jou hart?
Eerder
myne gegooi in die pad
verplat

As ek aan jou motorvenster klop

Sien jy ooit my gesig raak
weet jy hoekom ek om brood vra
verstaan jy die gom in my bene
die aggressie in my bloed

wou jy alooit weet waar
dit als vandaan kom
het jy al ooit gewonder
hoe lyk my huis my hart

kan jy voel die mes
in my rug
die skoppe in my gesig

het jy al gekyk na my gesig
na my oë
het jy al gewonder hoe lyk
ek onder die verskeurde
gegate lap
het jy