Friday, 1 October 1999



Gebruik wat jy hoor en sien
om allerhande soort 'gedigte' te
bedien
niks maak eintlik sin
onchronologies
niemand kan werklik verstaan
wat in my hart/kop aangaan
somtyds nie eers ek
visse/mamals voor my oë
laat my dink aan vele
vertoë
Hoekom?
God somtyds god
beloof het ek gedink ...!
Jammer!
Dit mag jy nie vra
maar moeg
is tog waar
en nou net die lewe
instaaaaaaar _

Wednesday, 1 September 1999

In my hart...


In my hart…
ek wil jou vertel
van in my hart

Daar is rooi kersies en bessies
hulle groei in hompe en hompe
net vir jou (en....) om gepluk
te word, geëet te word
geniet te word
Voordat dit vrot
‘n bruin papperel
wat squish, squash
as jy daarin trap
Wat so kruip en wurm
deur jou vingers
as jy dit vashou en druk

Die boonstes lyk nog mooi
en proe nog lekker
Maar daaronder is baie
vasgedruk, ingedurk, ingepers
pap en vrot

Jy moet eers al dié
boonstes eet voordat
jy die pappery kan
wegkry om by
die wortels en saad
van die plant te kom
wat moet groei en
vars vrugte maak.
Dan kan jy gereeld
goeie, ryp vrugte kry
sonder die pappery


Wednesday, 21 October 1998

Jou Foto Vandag


Ek kan nie vir jou vertel
hoe my hart geklop het
toe ek vandag daai
foto van jou gesien het nie

Ek kan nie vir jou sê
hoe ek voel
Ek kan nie voel hoe ek
oor jou voel nie
Ek mag nie

Ek kan nie vir jou wys
hoe groot die smile op
my gesig is wanneer
‘n gedagte aan jou op pop nie

Ek kan nie vir jou vertel
wat jy aan my doen nie

Was ek maar ‘n digter…

Dan kon ek dit dalk verskuil


21/10/2008 – 16:40

Wednesday, 14 October 1998

Is Leeg



Is leeg
en tog
vol
seer
teer
vreet
en eet
My hart klop pyn
My longe haal seer
weer en weer en weer
en nog 'n keer .

Skuld, nar...

Skuld, jou hanswors
sit op jou gesig
teer op jou siel

Skuld, vrolike nar
kruip in jou rooi neus rond
jou gesig, bond

Skuld, ingekleur
op jou hart
maak jou eintlik vol smart.

Skuld, nê
Maak jou vol
van dit wat jy nie wys nie

Skuld, tap jou leeg
bedek die krakies
steek dit weg

Skuld, is jy

Maar jy is nie
wie jy is nie
want
Skuld skuld jy aan God

Friday, 1 May 1998

Inrigtings



Inrigtings
Haal my uit die samelewing
Moenie my ‘n kans gee nie
sny my af
ek si nie ‘n mens nie
ek dra ‘n kraagie

My vriende is wit en koud
en hoog en leeg
my bed is benerig
die son is vals
die maan ook
die mense ook
die mense is nie mense nie
hulle is medikasie-geïnduseerde-weses
wat ronddwaal tussen vriende



Wednesday, 1 October 1997

Prentjie

Ek wil vir jou
'n prentjie teken

Van 'n jong meisie
wat 'n paar lewende
jare
agter haar naam kon
skryf.
Sy, fraai en fyn
mooi, vrolik en altyd
'n klyn dametjie
Slim, hard geleer
en dan gespeel
Vroeg gaan slaap
en ook so opgestaan
Sy het altyd lekker
geslaap, so lekker dat
sy nie haarself hoor snork het nie
Die dogtertjie het gehou van
speel, vrugte en koffie
maak (die lekkerste in die land)

Nou drink sy net tee
wat nooit haar lippe
geraak het as sy kon keer nie.
Sy eet net gesond en trek
haar gesig vir koue vrugte
Sy lag nog , weer
ek wil nie meer teken nie
my pen is leeg.