Saturday, 20 September 2008

Liefde Vertaal

Hoe kan ‘n mens ooit
liefde in woorde vertaal
Hoe kan mens dit uit jou hart probeer haal
Om dit met pen op papier te verkaal
Hoe kan ek ooit aan jou oordra
Wat die binneste van my hart jou wil sê en vra
Ek kan dit in ‘n gedig try skryf
Maar dit sal maar net-net die surface vryf






(dit bly maar altyd an attempt... )

Thursday, 18 September 2008

Nuwe Begin of die amper einde?

My gedagtes hardloop oral oor die pad
voor en deur die karre wat so jaag!
sonder om te kyk regs of links
soos 'n steeks hinks!

ek treur
vir dit wat kan gebeur

maar my hart is bly
want vir 'n rukkie
- ten minste -
was jy by my

Nuwe Begin

Op hierdie bladsy het ek nou alles uitgevee
dis nou leeg...
gereed
vir 'n nuwe begin

not a trace of what was on the page before
only the knowledge that it has been recycled
and its cheaper and more environmentally friendly that way



Pragtige Vrou, ek is so dammit lief vir jou!
Ek wens ek kon jou ewiglik in my arms vashou!





Ek het nou net 'n Engelse Ontbyt met beans en al geeet by die Caf... dis payday en ek voel ryk, dis trek dag en ek voel gereed, dis so 'n mistige sonnige half warm half koud oggend... een van daai wat in Suid-Afrika vir my laat voel om tussen die beboomde strate vir laaaaank te gaan stap... sommer net so in stilte en bewondering met my oor luisterend na die voëltjies se gesprekke hoog in die boomtoppe... en hulle geskarrel om die kinders by die skool te kry en die oupa voëltjies wat op die stoep sit en pyp rook met 'n koppie sawwe lyf... koel koeltes onder die groen loof (dis die regte woord nê?)... met spikkel skadus op die teerpad afgewissel met sonkolle hier en daar... 'n kind op 'n fiets al singend sonder dat sy besef... 'n brakkie wat rondsnuffel aan verwyderde vullis spots... 'n kat wat laag sak in die gras ongehinderd gefokus op die duifie wat niks verwag nie... iemand se radio sonder grense blêr iewers in 'n huis met Laurika se Blouberg se strand... my gedagtes dryf tot by die Kaap en ek sien die wit verkalkte huisies en Ou Tafelberg en die manne met stok en hoed wat vroegoggend die visse terg... ek voel my bene draf op die strand en die sonstrale wat my rug en nek en skouers met 'n warmgloed laat brand...en onder en tussen my tone die sand... en dis vroeg in die dag op Blouberg se strand...

Sunday, 14 September 2008

Lekker Slaap

Lekker Slaap
Meisie met die moesie
en die dimpel op jou wang

Met die oop bruin oë
en die oranje steen
op jou hart

Met die rooi lip engel glimlag
wat vir paspoorterige papiere wag

Met die giggels wat skitter en skater
wat elke nag gaan slaap al hoe laaater

'Dankie Bed'

In die middel van jou hart wil ek nes
en vir ewig daar my liefdesdors les

Met die jare se seer en verniel
kom versorg jy nou al vir maande my siel




(eintlik was dit in die vorige gedig, maar...)
Ek wil hê jou 100% katoen
moet vanaand my kaal lyf soen

Met natuur geweef
wil ek in jou arms sweef

Saggies moet jy aan my vat
want ek is mos jou enigste skat

Omring deur jou aardse reuk
wil ek jou vir nòg ure smeek

Onder die sterre se lig
moet ons saam droomland toe vlug

En as die hemel weer skyn met blou
sal ons soos roosblare ontvou

Gayle

Ek dink vanaand aan jou
Ek wonder wat jou boodskap is
Hoekom kom krap jy aan my siel

Wat wil jy sê?
Is daar lig aan daai kant van die lewe
Is jou kind pragtig?
Word sy mooi groot?
Geniet julle ewigheid saam?

O waar is jy
Jy wat skryf weer in my wakker gemaak het
Jy wat baklei het oor lighters in plaas van
vuurhoutjies vir jou Rothmans Filters

Trane rol uit my hart
Ek wil vir jou kom kuier
Jou en jou dogtertjie styf teen my vasdruk

In alle skakerings van pers
Skemer blare op jou kasdeur
Stoele en tafels wat jy rondskuif
- in ou afwesige daar wees!

Jy bly altyd in my hart!


(Dankie vir die paar ure wat jy met ons gedeel het!)