Enige bydraes wat jy ooit
so lewer tot jou medemens
kan jy maar weet sal sterf
saam met hulle
- terugkeer tot as
wat deur die wind verwaai word
Nie eers tot die circle of life
is jy 'n bydrae nie
want daar is geen groter betekenis
of sin...
Daar is nie punt tot wat alles kom nie.
Dis 'n mite
Soos die lewe
'n klug
om ons te laat dink daar is 'n purpose
Dis maar net 'n kind se sirkel skribbel
wat aanhou en aanhou
sonder enige rede
vir geen rede
en kom tot geen punt
of einde
net die aanhoudende aanhou
van die sirkel van betekenislose lewe
wat geen sin het
The circle of life continues ∞
Sunday, 14 September 2008
Memories
Stap die paadjie deur ou
gramadoelas soos die straattroebadoere
in die agtergrond sing
Onthou ou memories
wat nou eintlik seermaak
want dit sit en fokken fashaak
Kyk terug en voel al die pyn
van verloor en verlore wees
Mourn, ja, rou vir dit wat nooit was
en nooit sal wees
Vir verlore herinneringe
wat nooit eers gebeur het nie
Rou oor daai lank vermiste mens
wat nooit bestaan het nie
Wat 'n gat in haar siel het
en 'n 9/11 hart - verbars verkrummel verpletter
Vergeet alles wat jy wou onthou
Vergeet wat in die toekoms gebeur het
Die lewe het geen sin
Die enigste einde - miskien doel - is die dood
en wat sou die sin daarin wees

Saturday, 13 September 2008
Venster
Daar was eenmaal ‘n Venster; High Above!! Dié Venster het kamers gehelp om buite te sien soos buite is en meer nog – het die kamers gehelp om hulle binne-mure te bekyk en al die lae verf af te skuur totdat hulle by die bakstene uitgekom het!
Eendag het hierdie Venster by een van sy nabye huise gekuier. Hy het lank saam met een van die klein kamertjies gekyk na die wolke wat verby gedryf het in die blou lug! Hulle het gepraat oor wat die verskillende wolkies voorstel...Dit het die klein kamertjie gehelp om nie bang te wees vir die donderweer nie.
Die Venster het toe in die hoofslaapkamer gaan sit en gesels met dié se mure wat graag wou weet hoe dit met die klein kamertjie se kuiertjie gegaan het. Een van die ander slaapkamertjies het gesien hoe dieVenster saam met die klein kamertjie na die wolke kyk. Die slaapkamertjie wou ook graag saam met die Venster kyk hoe die wolke lyk en die Venster het toe belowe om eendag daar te kom sit en die wolke te bekyk....
Die Venster het nooit gekom nie...
Die slaapkamertjie het toe maar alleen na die wolke gekyk en die mure se gesprekke het vir altyd daarbinne gebly.
Eendag baie later wou die Venster daar kom sit om die sonsondergang te kyk. Die slaapkamertjie se deur was toegesluit.

Wednesday, 10 September 2008
Saggies tokkel jou vingers...
Saggies tokkel jou vingers die snare
soothing soos ‘n ou klok se tik
in middel van ‘n volmaan nag
in ‘n slapende plaashuis
Ek hoor dit oor die lyne
En dan kom die boodskappe deur
Daar is lang gemaklike stiltes
van so naby wees dat dit
voel asof jy my hart in
jou hande vashou
lê daar kloppend
so vulnerable
so rustig
verlig
by
soothing soos ‘n ou klok se tik
in middel van ‘n volmaan nag
in ‘n slapende plaashuis
Ek hoor dit oor die lyne
En dan kom die boodskappe deur
Daar is lang gemaklike stiltes
van so naby wees dat dit
voel asof jy my hart in
jou hande vashou
lê daar kloppend
so vulnerable
so rustig
verlig
by
jou
Tuesday, 9 September 2008
Lief vir Jou
Ek voel jou hartklop in myne
soos ver weg seine
wat bote se roetes aanwys in die nag
op die rustige waters van die seë – sag!
‘n Dubbelklop met elke slag
al is ek ver weg van jou, hiér, in die nag
Onder dieselfde halfmaan lê ek en kyk
na hoe mooi ons sterre hemel lyk!
Onder dieselfde sagte leer kombers
lê ons siele naak in hierdie vers
Net jou daar-wees gee my krag
met ‘n glimlag stap ek nou deur elke dag
soos heuning druppels dou
wil ek jou vir ewig in my arms toevou
Ek is lief vir jou.
Friday, 22 August 2008
Warm Kole
Jy maak my bene nat met jou sappige woorde
My lyf blaas op soos die bloed deur my dun are forseer
My hart klop op drie plekke in my bors – in my borste
Die vure brand in en om my lippe soos warm kole wat wit brand – weggesteek
Onder die asse van opgebruikte hout-energie
Lê die potensiaal van ‘n groot groot vuur!

Vreemde liefde - ID du Plessis in 1937
In 1937 plaas ID du Plessis die volgende gedig aan die begin van sy bundel Vreemde liefde:
As ek my vreemde liefde bloot moes lê,
Wat sou die vrome skenders van die skoonheid sê?
Sou hul, met heilige verontwaardiging,
Besoedelende vingers God-waarts steek,
En na dié self-regverdigende reiniging
Hul eer aan my kom wreek?
Of sou ’n sprank van hierdie vuur wat in my gloei
Ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
Die liefde neem ’n duisend vorme aan?

Subscribe to:
Posts (Atom)