Friday, 1 June 2001

Almost perfect line


An almost perfect line
and I feel sad
bad
The next one starts with
the piano
los voetspore op my hartkamers
soos in seesand
tot die soutwater dit wegspoel
na ‘n ewigheid
onverstanbaar
onvoorspelbaar
Saggies tokkel dit rustig voort
en lei my na ‘n poort
van amper trane
en
stop.

tears in the mud



cancer of the heart
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
tears in the mud
ripped out your heart
tears in the mud
cancer of your heart
you fall apart

Tuesday, 1 May 2001

Die Weer




Die weer
bepalend van emosie
donker wolke
oorweldigend

Sonneskyn, laat al
die seer verdwyn

Blou is die lug
ons lewensvrug

Dit is so diep
ek wil sommer omtiep
met griep
want dit is winter
en my penpunt is versplinter
dit maak deurmekaar krappe
onverstaanbaar.

Education , Opvoeding



Education , Opvoeding
leer meer en meer
lewe
lewensvaardighede
sienings, waardes
maniere en giere
van mense en diere
die effek van biere

Die juffrou die baas
op die ou plaas
en die kinders is Klaas
maar deesdae helaas
ons almal staan verbaas.

Wednesday, 4 April 2001

Leeg Papier

Ek wil nie dink of
woorde soek
vir jou nie
Papier
Ek wil jou net vol
maak met ink
uit my hart se
Pen
Ek wil nie leestekens
of hoofletters gebruik nie
Punte kommas vraagtekens en uitroepe
Ek wil net ‘n gat los

wanneer ek nie meer asem het
nie en my hart ween
Druppels en snot
Ek wil nie meer probeer nie
Ek wil nét
sonder die probeer
Ek wens ek kon
Maar my hart se ink is
op, dis leeg
en so is my box tissues
van geen nut vir niks
trane of lopende neuse nie
Dus
moet die papier maar net
leeg
bly.
Punt.

Sunday, 21 January 2001

Het jy geweet?

God is 'n skrywer
Hy is mal oor verhale en stories
Hy het lank gelede duisende stories geskryf - duisende?
Nee! Miljoene, biljoene, triljoene - ontelbaar baie!
en toe't Hy besluit om hulle
almal waar te maak
regtig te laat gebeur
Hy het vir elke storie 'n mens gemaak
en elke mens is die kans gegee om 'n aktiewe
skepper, maker, karakter, besluit-
nemer in sy of haar storie te wees, maar elkeen
het steeds die essence
van die storie vir hom-
of haarself wat hul moet
uitleef.

God is 'n kunstenaar met
woorde wat Hy lewend
maak tot Sy eer. en ons voorreg
Hoe wonderlik sal dit kan
wees om 'n storie te kan
skryf en dit werklik te laat
gebeur soos jy dit wil -
met 'n ongelukkige of gelukkige
einde. Dit als hang van
jou af - Jy is die outeur
God is jou lewensstorie se
outeur!

Tuesday, 10 October 2000

‘n Tribute aan Ouma B (oorlede in 2000)



Ouma B is vandag dood

wel, eintlik verlede week al
aan 'n hartaanval
net soos sy wou
met 'n 'bang' is sy die lewe uit
die hemel in

Michanne het my aan my arm
die klas uitgeruk
en 'probeer-koud' die nuus oorgedra
my hand uit die greep om haar lyf
gehaal
en 'n ou sentehouertjie
uit ouma se antieke kas
daarin geprop
"Sy was baie lief vir jou
- sy wou hê jy moes dit hê!"

Ons het gehuil
Ek het twee ure in die klas
gesit
en nie 'n woord gehoor van
FAMSA en wat nog nie

Ek het middagetes met wyn
en lekker slaai in Pinelands
by ouma B herleef
Sondae middae na kerk en ete
geselsies
ouma se sigarette wat ewig
aanhou as en nooit tip nie
haar nightcaps - witblits
en haar kombuis, gang,
sitkamer, boeke
sertifikate, kleinkinders - geraam
teen al haar mure
almal om haar

Ek het haar stories gehoor
haar lekker lag

Ek het gehuil
Huil nogsteeds

Maar dis seker waar
Sy is nou waar sy hoort.

Baie liefdes aan
jou - ouma B

Piet (met die nipple pink mini 8-) )