Tuesday 30 September 2008

life


what is life?

its that thing you get pushed into
and taken from
and inbetween you attempt to somehow
take control of this thing that you call
your life - that is not really yours

what is life really?
its the presence of breath

maybe a heartbeat
but mostly its to do with
the movement of air

we cant see it
we cant touch it
we cant live it
it lives us

Thursday 25 September 2008

leemte

I am sitting here
Woordeloos
staar die verte in
waar is die sin

waarom eers wonder daaroor
watter verskil sou dit maak
om sin te hê
waarheen sou dit lei

Geluk?
Vrede?
Vreugde?
En waarvoor sou dit enige doel dien?
watter verskil sou dìt maak?
Aan wat?

Hoekom even Vra
oor die leemte
wat nooit gevul kan word nie

Saturday 20 September 2008

Liefde Vertaal

Hoe kan ‘n mens ooit
liefde in woorde vertaal
Hoe kan mens dit uit jou hart probeer haal
Om dit met pen op papier te verkaal
Hoe kan ek ooit aan jou oordra
Wat die binneste van my hart jou wil sê en vra
Ek kan dit in ‘n gedig try skryf
Maar dit sal maar net-net die surface vryf






(dit bly maar altyd an attempt... )

Thursday 18 September 2008

Nuwe Begin of die amper einde?

My gedagtes hardloop oral oor die pad
voor en deur die karre wat so jaag!
sonder om te kyk regs of links
soos 'n steeks hinks!

ek treur
vir dit wat kan gebeur

maar my hart is bly
want vir 'n rukkie
- ten minste -
was jy by my

Nuwe Begin

Op hierdie bladsy het ek nou alles uitgevee
dis nou leeg...
gereed
vir 'n nuwe begin

not a trace of what was on the page before
only the knowledge that it has been recycled
and its cheaper and more environmentally friendly that way



Pragtige Vrou, ek is so dammit lief vir jou!
Ek wens ek kon jou ewiglik in my arms vashou!





Ek het nou net 'n Engelse Ontbyt met beans en al geeet by die Caf... dis payday en ek voel ryk, dis trek dag en ek voel gereed, dis so 'n mistige sonnige half warm half koud oggend... een van daai wat in Suid-Afrika vir my laat voel om tussen die beboomde strate vir laaaaank te gaan stap... sommer net so in stilte en bewondering met my oor luisterend na die voëltjies se gesprekke hoog in die boomtoppe... en hulle geskarrel om die kinders by die skool te kry en die oupa voëltjies wat op die stoep sit en pyp rook met 'n koppie sawwe lyf... koel koeltes onder die groen loof (dis die regte woord nê?)... met spikkel skadus op die teerpad afgewissel met sonkolle hier en daar... 'n kind op 'n fiets al singend sonder dat sy besef... 'n brakkie wat rondsnuffel aan verwyderde vullis spots... 'n kat wat laag sak in die gras ongehinderd gefokus op die duifie wat niks verwag nie... iemand se radio sonder grense blêr iewers in 'n huis met Laurika se Blouberg se strand... my gedagtes dryf tot by die Kaap en ek sien die wit verkalkte huisies en Ou Tafelberg en die manne met stok en hoed wat vroegoggend die visse terg... ek voel my bene draf op die strand en die sonstrale wat my rug en nek en skouers met 'n warmgloed laat brand...en onder en tussen my tone die sand... en dis vroeg in die dag op Blouberg se strand...

Sunday 14 September 2008

Lekker Slaap

Lekker Slaap
Meisie met die moesie
en die dimpel op jou wang

Met die oop bruin oë
en die oranje steen
op jou hart

Met die rooi lip engel glimlag
wat vir paspoorterige papiere wag

Met die giggels wat skitter en skater
wat elke nag gaan slaap al hoe laaater

'Dankie Bed'

In die middel van jou hart wil ek nes
en vir ewig daar my liefdesdors les

Met die jare se seer en verniel
kom versorg jy nou al vir maande my siel




(eintlik was dit in die vorige gedig, maar...)
Ek wil hê jou 100% katoen
moet vanaand my kaal lyf soen

Met natuur geweef
wil ek in jou arms sweef

Saggies moet jy aan my vat
want ek is mos jou enigste skat

Omring deur jou aardse reuk
wil ek jou vir nòg ure smeek

Onder die sterre se lig
moet ons saam droomland toe vlug

En as die hemel weer skyn met blou
sal ons soos roosblare ontvou

Gayle

Ek dink vanaand aan jou
Ek wonder wat jou boodskap is
Hoekom kom krap jy aan my siel

Wat wil jy sê?
Is daar lig aan daai kant van die lewe
Is jou kind pragtig?
Word sy mooi groot?
Geniet julle ewigheid saam?

O waar is jy
Jy wat skryf weer in my wakker gemaak het
Jy wat baklei het oor lighters in plaas van
vuurhoutjies vir jou Rothmans Filters

Trane rol uit my hart
Ek wil vir jou kom kuier
Jou en jou dogtertjie styf teen my vasdruk

In alle skakerings van pers
Skemer blare op jou kasdeur
Stoele en tafels wat jy rondskuif
- in ou afwesige daar wees!

Jy bly altyd in my hart!


(Dankie vir die paar ure wat jy met ons gedeel het!)

Circle of Life

Enige bydraes wat jy ooit
so lewer tot jou medemens
kan jy maar weet sal sterf
saam met hulle
- terugkeer tot as
wat deur die wind verwaai word

Nie eers tot die circle of life
is jy 'n bydrae nie
want daar is geen groter betekenis
of sin...
Daar is nie punt tot wat alles kom nie.

Dis 'n mite
Soos die lewe
'n klug
om ons te laat dink daar is 'n purpose
Dis maar net 'n kind se sirkel skribbel
wat aanhou en aanhou
sonder enige rede
vir geen rede
en kom tot geen punt
of einde

net die aanhoudende aanhou
van die sirkel van betekenislose lewe
wat geen sin het
The circle of life continues ∞

Memories

Stap die paadjie deur ou
gramadoelas soos die straattroebadoere
in die agtergrond sing

Onthou ou memories
wat nou eintlik seermaak
want dit sit en fokken fashaak

Kyk terug en voel al die pyn
van verloor en verlore wees

Mourn, ja, rou vir dit wat nooit was
en nooit sal wees

Vir verlore herinneringe
wat nooit eers gebeur het nie

Rou oor daai lank vermiste mens
wat nooit bestaan het nie

Wat 'n gat in haar siel het
en 'n 9/11 hart - verbars verkrummel verpletter

Vergeet alles wat jy wou onthou
Vergeet wat in die toekoms gebeur het

Die lewe het geen sin
Die enigste einde - miskien doel - is die dood
en wat sou die sin daarin wees

Saturday 13 September 2008

Venster

Daar was eenmaal ‘n Venster; High Above!! Dié Venster het kamers gehelp om buite te sien soos buite is en meer nog – het die kamers gehelp om hulle binne-mure te bekyk en al die lae verf af te skuur totdat hulle by die bakstene uitgekom het!

Eendag het hierdie Venster by een van sy nabye huise gekuier. Hy het lank saam met een van die klein kamertjies gekyk na die wolke wat verby gedryf het in die blou lug! Hulle het gepraat oor wat die verskillende wolkies voorstel...Dit het die klein kamertjie gehelp om nie bang te wees vir die donderweer nie.


Die Venster het toe in die hoofslaapkamer gaan sit en gesels met dié se mure wat graag wou weet hoe dit met die klein kamertjie se kuiertjie gegaan het. Een van die ander slaapkamertjies het gesien hoe dieVenster saam met die klein kamertjie na die wolke kyk. Die slaapkamertjie wou ook graag saam met die Venster kyk hoe die wolke lyk en die Venster het toe belowe om eendag daar te kom sit en die wolke te bekyk....

Die Venster het nooit gekom nie...
Die slaapkamertjie het toe maar alleen na die wolke gekyk en die mure se gesprekke het vir altyd daarbinne gebly.
Eendag baie later wou die Venster daar kom sit om die sonsondergang te kyk. Die slaapkamertjie se deur was toegesluit.

Wednesday 10 September 2008

Saggies tokkel jou vingers...

Saggies tokkel jou vingers die snare
soothing soos ‘n ou klok se tik
in middel van ‘n volmaan nag
in ‘n slapende plaashuis

Ek hoor dit oor die lyne
En dan kom die boodskappe deur
Daar is lang gemaklike stiltes
van so naby wees dat dit
voel asof jy my hart in
jou hande vashou
lê daar kloppend
so vulnerable
so rustig
verlig
by
jou

Tuesday 9 September 2008

Lief vir Jou



Ek voel jou hartklop in myne
soos ver weg seine
wat bote se roetes aanwys in die nag
op die rustige waters van die seë – sag!

‘n Dubbelklop met elke slag
al is ek ver weg van jou, hiér, in die nag

Onder dieselfde halfmaan lê ek en kyk
na hoe mooi ons sterre hemel lyk!

Onder dieselfde sagte leer kombers
lê ons siele naak in hierdie vers

Net jou daar-wees gee my krag
met ‘n glimlag stap ek nou deur elke dag

soos heuning druppels dou
wil ek jou vir ewig in my arms toevou

Ek is lief vir jou
.