Friday 22 August 2008

Warm Kole

Jy maak my bene nat met jou sappige woorde
My lyf blaas op soos die bloed deur my dun are forseer
My hart klop op drie plekke in my bors – in my borste
Die vure brand in en om my lippe soos warm kole wat wit brand – weggesteek
Onder die asse van opgebruikte hout-energie

Lê die potensiaal van ‘n groot groot vuur!

Vreemde liefde - ID du Plessis in 1937

In 1937 plaas ID du Plessis die volgende gedig aan die begin van sy bundel Vreemde liefde:


As ek my vreemde liefde bloot moes lê,
Wat sou die vrome skenders van die skoonheid sê?
Sou hul, met heilige verontwaardiging,
Besoedelende vingers God-waarts steek,
En na dié self-regverdigende reiniging
Hul eer aan my kom wreek?
Of sou ’n sprank van hierdie vuur wat in my gloei
Ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
Die liefde neem ’n duisend vorme aan?

Wednesday 20 August 2008

Handvol Sand

Met my leë emmertjie staan ek toevallig voor JOU - soos 'n klein dogtertjie wat 'n sandkasteel op 'n concrete-sement-rotsberg wil bou - en daar haal jy 'n handvol sand uit jou gatsak (so asof jy dit altyd daar gereed het) en gooi dit in die bodem van my deurgeskuurde emmertjie!

Elkeen van daai kosbare korreltjies het so pas 'n deeltjie van wat oor is van my lewe gered!

Tuesday 19 August 2008

Dear God, THANK YOU!



Today you threw me a LIFE line....

I saw a hand right in front of my face or at least it looked like what I remember
a hand to look like
I could see it!
I almost grabbed it!
But was too scared it would pull away
So I kept looking at it
And the longer I looked the more
it seemed to dissappear
Until I'd blink and still find it there!!!

It is so dark out here!
In these deep salty waters
I don't even know how I've kept afloat
for three years - there is nothing here
not even a float-sel to hang on to

And now suddenly there is this hand!!

A Lifeline
How I am still alive I cannot tell you
I have been drowning for so long
I can't remember what swimming is
I have been dying for so long
I don't know what living is

And now there is a lifeline ! ? !
For me ? !