Wednesday 1 October 2003

Clapham Junction of iewers op 'n London Stasie


Dreunend oor die platform
kom jou voete verby gestorm

om my toe te laat om die
deur oop te maak
sodat jy die eerste gaping
in, kan skaak

Jou boudbene geslyp
om die beste sitplek te
gryp

Ten spyte van oupa of ouma
se bene
of babakies wat nog nie
eers gespene

Dan snork jy nog ook -
die stilte weg
Terwyl jou ore se geraas
almal se rit versleg

met die afklim
verdwyn jy
soos 'n skim