Sunday 1 July 2001

As



As mens ophou lag
as daar nie meer iets is
om jou mondhoeke te
laat trek nie
as dit ‘n effort raak
om net te smile
as jou brein sukkel om
die konsep daarvan om
te sit in ‘n kode giggel
as jou hart nie meer
weet hoe dit voel om
vol uit te lag nie
as jou maag nie meer
kan styf trek as jy diep
daaruit gil van geluk nie
waarheen is jy oppad?