Wednesday 4 April 2001

Leeg Papier

Ek wil nie dink of
woorde soek
vir jou nie
Papier
Ek wil jou net vol
maak met ink
uit my hart se
Pen
Ek wil nie leestekens
of hoofletters gebruik nie
Punte kommas vraagtekens en uitroepe
Ek wil net ‘n gat los

wanneer ek nie meer asem het
nie en my hart ween
Druppels en snot
Ek wil nie meer probeer nie
Ek wil nét
sonder die probeer
Ek wens ek kon
Maar my hart se ink is
op, dis leeg
en so is my box tissues
van geen nut vir niks
trane of lopende neuse nie
Dus
moet die papier maar net
leeg
bly.
Punt.