Wednesday 1 October 1997

Prentjie

Ek wil vir jou
'n prentjie teken

Van 'n jong meisie
wat 'n paar lewende
jare
agter haar naam kon
skryf.
Sy, fraai en fyn
mooi, vrolik en altyd
'n klyn dametjie
Slim, hard geleer
en dan gespeel
Vroeg gaan slaap
en ook so opgestaan
Sy het altyd lekker
geslaap, so lekker dat
sy nie haarself hoor snork het nie
Die dogtertjie het gehou van
speel, vrugte en koffie
maak (die lekkerste in die land)

Nou drink sy net tee
wat nooit haar lippe
geraak het as sy kon keer nie.
Sy eet net gesond en trek
haar gesig vir koue vrugte
Sy lag nog , weer
ek wil nie meer teken nie
my pen is leeg.